Brief: Hoe lyk ons pot lensiesop?

Deel op

Met hernieude ontnugtering kyk ek na die hordes Afrikaner- en Boerevolkgroepies op die internet! Elkeen tier, grom, trots, roem en toi-toi op hul eie manier en die legioen van leiers pronk selfvoldaan. (Noem ons Legio …)

Hoe lyk ons Volk/ mense se “pot lensiesop” na die groot en ononderhandelde uitverkoop in 1994?

Was dit die doel om totaal onnadenkend en apaties, op die kopknik van die “broeders” en verstommende goëlkuns in die politiek, eenvoudig weg te stap van als wat deur ons mense, bloed en geld opgebou is sedet 1652 en 1910?

Wat het van ons kunsskatte en museums geword? Wat het van duur gekoopte en self befondste, duur en opofferend opgeboude argitektoniese volksbakens en setels van ons gesag geword?

Was dit werklik die bedoeling om als net eenvoudig prys te gee? Waarom was daar geen skikking of ooreenkoms bereik, behalwe vir die halfgebakte volkstaat- of soewereine-selfbeskikkingsgedagte waarvan die bal of spel nou al herhaaldelik neergegooi, ontbind of versaak is?

Ons ondergang bly toenemend skokkend die resultaat van ‘n geweldige versuim en onbeholpe magsoorgawe! ‘n Volle en vrywillige abdikering! (Nou bloei en kerm die volk …)

Wie, onder ons eie mense, was die ingenieurs van hierdie geweldige onbesonne of gierige bedrog en volksmisdaad? Het ons nou al die vuurpeleton of galg in die volksheradministrasieplan geformuleer?

Sit-sit hulle steeds skelm, agterbaks en onderduims hier onder ons rond, glimlag skalks en bevorder die ondergang van eie bloed, nasie en kinders se toekoms, rustende op vals beloftes en vals profesie van ereplekke in Nuwe Ordes? (Soos wat deelnemers aan die Simba-rebellie van 1960 of die volksmoord in Rwanda van 1994 ook steeds skelm onder die bevolkings skuil?)

In die voorstede bly ek verstom oor die manne se geite, groepies en onderlinge geboelie – totaal onbewus of traak-my-nie-agtig of denkeloos of geestelik versluierd in die narkose van kerkgenootskappe met agendas en “kulturele” of “barmhartige” organisasietjies van uitermate (en fundamenteel okkultiese) misleiding.

Gaan ons dit daadwerklik en dringend regkry om te fokus en spoedig tot eenparige, ordelike en deurdagte uitvoerende selfbeskikkingsaksie oor te gaan, of bly ons in ‘n plaas-sonder-baas-droomland vasgevang en blaas net warmlugborrels in die publiek?

Volksdiensgroete,

Johannes Meintjes
Volksetel Pretoria

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.