ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Parys-slagting

Deel op

Die Islamitiese Staat (ISIS) het ‘n amptelike verklaring uitgereik waarin hulle verantwoordelikheid vir die aanvalle in Parys aanvaar.

Dit lyk egter of hulle ‘n belangrike fout gemaak het: Die verklaring noem aanvalle in die 10de, 11de en 18de arrondissements, maar daar was geen aanval in die 18de nie.

‘n Getuie van die Bataclan-aanval het aan BFMTV gesê dat een van die aanvallers wit en Europees gelyk het.

“Ek het ‘n man gesien wat redelik klein is, wit en lyk soos ‘n Europeër,” het hy gesê. Hy wou nie sy naam gee nie uit vrees vir vervolging.

“Hy was net aan die voorkant van die Bataclan en het ‘n geweer op sy skouer gehad. Toe sien ek flitse en hoor bam bam bam.”

AFP berig dat ‘n man in hegtenis geneem is in die suide van Duitsland verlede week, met masjiengewere en plofstof in sy motor, en hy kan “waarskynlik gekoppel word aan aanvallers in Parys”, het Duitse media Saterdag berig.

Polisie in die suidelike streek van Beiere het bevestig dat ‘n man op 5 November tydens ‘n roetine-ondersoek op ‘n snelweg in hegtenis geneem is met “baie masjiengewere, rewolwers en plofstof” in die voertuig van die verdagte.

Twee Franse polisie-amptenare sê ‘n Siriese paspoort is gevind op die liggaam van een van die selfmoordbommers by die Stade de France waar ‘n vriendskaplike wedstryd tussen Frankryk en Duitsland gespeel is, volgens beide AP en die Franse staatstelevisie.

Intussen in Brittanje is Gatwicklughawe se noord-terminale ontruim. Sussex se polisie het gesê die ontruiming is ‘n voorsorgmaatreël weens ‘n verdagte pakket.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.