Frankryk kondig noodtoestand af, sluit grense na terreur Parys tref

Deel op

“Dit was ‘n slagtingstoneel,” sê Julien Pearce, ‘n radioverslaggewer van Europa 1 wat teenwoordig was in die Bataclan-konsertsaal in Parys, Frankryk, toe gewapende mans op die wit toeskouers begin losbrand het.

Die musieksaal kan ongeveer 1500 mense huisves, maar dit is onduidelik hoeveel binne was toe die aanval begin het.

Dié terreuraanslag is deel van ‘n goedbeplande veldtog wat Parys Vrydagnag geruk het en waarin 150 mense dood en talle beseer is.

Hospitale en nooddienste wat dadelik op die onderskeie tonele was in die Franse hoofstad, was oorlaai.

Die Franse president het intussen ‘n noodtoestand afgekondig en Frankryk se grense gesluit.

Die Bataclan, asook ‘n vol Stade de France waar ‘n vriendskaplike sokkerwedstryd tussen Duitsland en Frankryk gespeel is, en verskeie openbare plekke is gelyktydig geteiken.

Sommige van die toeskouers het daarin geslaag om te ontsnap deur die agterste uitgange van die musieksaal, maar die mans in swart geklee het vir minute lank onbelemmerd op die toeskouers geskiet.

Pearce het aan CNN gesê dat hy gesien het hoe twee van die mans begin om lukraak te skiet. Hy het gesê die gewapende mans het niks gesê nie. Hulle het eenvoudig voor die voet geskiet op die skare.

Volgens ander nuusbronne het die mans egter “Allah is groot!” geskree.

Pearce sê toe hy uitstap in die straat, het hy 25 liggame op die grond getel.

“Dit het vir 10 minute, 10 minute, 10 gruwelike minute geduur […] die terroriste was baie kalm, baie vasberade, en hulle het drie of vier keer hul wapens herlaai,” het Pearce gesê.

Teen omstreeks 10:00 het die gewapende mans oorlewendes as gyselaars aangehou terwyl dosyne polisiebeamptes buite versamel het.

Vir meer as twee uur het ‘n gespanne toestand geheers in die 11de arrondissement. Luidens berigte is ten minste 100 mense in die aanval dood.

Die groep wat opgetree het in die saal was die Eagles of Death Metal, ‘n wit Kaliforniese rockgroep van Palm Desert. Die gehoor was byna uitsluitlik wit aangesien swartes nie van metal-musiek hou nie.

Die wit toeskouers van die Stade de France het spontaan die Franse volkslied uit volle bors begin sing terwyl hulle ontruim is.

Duitsland se minister van binnelandse sake, Thomas de Maizière, het in die vroeë oggendure Saterdag gesê dat hy militêre hulp aan Frankryk sal stuur indien dit versoek word. “Ek is in noue kontak met my Franse kollega en het bystand deur die Duitse spesiale magte aangebied,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Intussen het senior Amerikaanse veiligheidsamptenare gesê daar was geen onmiddellike aanduiding van verdagte kommunikasie of ander waarskuwingstekens voor die aanval gewees nie.

Volgens die New York Times het “terreurontleders” gesê “die aanvalle op die teikens Vrydag het geen oënskynlike rasionaal nie”, anders as in die geval van Charlie Hebdo.

Dit lyk egter hoogs onwaarskynlik dat daar geen rasionaal agter die aanslag was nie, aangesien ses van die aanvalle op die regteroewer goed beplan en kennelik vooraf gekoördineer was.

In die Stade de France was president Hollande en Frank-Walter Steinmeier, Duitsland se minister van Buitelandse Sake teenwoordig toe twee ploftoestelle afgegaan het. Hollande is inderhaas ontruim.

Hy het intussen verklaar dat hy en president Obama nou sal saamwerk.

Die Franse aanklaerskantoor het vanoggend gesê al agt aanvallers by die verskillende tonele is dood.

Die munisipale verkiesings in Frankryk is uitgestel weens die aanslag en die weermag is in die stad ontplooi. Konvooie soldate het deur die nag in die hoofstad aangekom.

Owerhede het inwoners gemaan om binnenshuis te bly. Parysenaars het gisternag hul wonings aangebied aan vreemdelinge sodat hulle van die strate kon ontsnap.

In Duitsland het inwoners in die nag in die strate uitgegaan om solidariteit met die Frankryk te toon.

Vanoggend om 7:50 nog was die polisiekordon om ‘n Kambodjaanse restaurant in die 10de arrondissement in Parys, steeds in plek waar een van die Vrydagaanvalle plaasgevind het.

Vroeër, is berig dat die polisie die kordon rondom die Bataclan-konsertsaal gelig het na die gyselaarsituasie opgelos is. Sewe van die terroriste het hulself glo met selfmoordbomme die ewigheid ingestuur.

Die Amerikaanse CIA wou geen verklaring uitreik oor die aanvalle nie.

Volgens AFP het een oogetuie glo gehoor dat die aanvallers optree teen die Franse teenwoordigheid in Sirië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.