Stryd rondom BRICS verhewig

Deel op

Die BRICS-groepering se posisie teenoor korporatiewe mag, het gelei tot die jongste skermutseling tussen die VSA en BRICS.

By die vierde BRICS-byeenkoms in Durban het lede gesê gesonde kompetisie is ‘n voorvereiste vir ekonomiese groei.

Dit is bo-aan die agenda in Durban om onmededingende gedrag in die onderskeie lande te oorkom.

Die groep sê hulle is vasbeslote om weg te doen met monopolieë en die verbetering van die groei in opkomende ekonomieë.

Duur verbruikersgoedere, gebrek aan innovasie en stadige ekonomiese groei is rampspoedig vir opkomende ekonomieë, net soos monopolieë en nywerheidskartels sê lidlande.

Brasilië ondersoek tans sement- en koffiekartels.

Rusland se ekonomie is geruk deur samespanning toe Samsung, LG en Phillips pryse op monitors gemanipuleer het.

Indië sukkel met monopolieë op natriumkarbonaat wat gebruik word om glas te maak asook in sy sementbedryf.

En China het reeds motorvervaardigers soos Audi en Chrysler beboet vir onmededingende gedrag.

‘n Raadgewende maatskappy oor ontluikende markte, Frontier Advisory Deloitte sê egter dit is noemenswaardig dat die beleggingsbestuursmaatskappy, Goldman Sachs sy BRICS-fonds gesluit het.

Deloitte se besturende direkteur, Martyn Davies het aan ‘n beleggingsberaad in Johannesburg gesê beleggers het verkeerdelik geglo dat die wêreldekonomie na ontluikende markte verskuif, met die BRICS-lede Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China as die vernaamste rolspelers.

Hy sê Rusland en Brasilië se ekonomië is aan die afneem, terwyl Suid-Afrika se ekonomie vasgeval het. Slegs China is nog sterk, ten spyte van laer groeisyfers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.