Ramaphosa weier om vrae oor Marikana te beantwoord

Deel op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa kon nie vrae oor Marikana in die parlement beantwoord nie, nadat ‘n dagvaarding teen hom uitgereik is oor sy aandeel in die slagting.

Gebeure in Marikana in Augustus 2012 het daartoe aanleding gegee dat die families van 34 mynwerkers wat deur die polisie doodgeskiet is, Ramaphosa weens aandadigheid aan hul dood dagvaar.

Die dagvaarding op hom persoonlik sowel as twee ander partye beteken.

Ramaphosa was ‘n direkteur van die Lonmin-platinummyn toe hy glo opdrag gegee het dat die stakers geskiet moet word.

Ramaphosa het gesê dit sal onvanpas wees vir hom om oor Marikana te praat as gevolg van die dagvaarding.

Hy het gereageer op ‘n parlementêre vraag oor die vordering wat gemaak is met ‘n alternatiewe geskilbeslegtingproses rakende siviele eise tov Marikana.

Kort daarna het die presidensie in ‘n verklaring bevestig dat die dagvaarding uitgereik is.

Ramaphosa het reeds sy prokureurs opdrag gegee om die dagvaarding teen te staan, het sy woordvoerder Ronnie Mamoepa in ‘n verklaring gesê.

Hy het voorheen bewerings ontken dat hy druk op die polisie geplaas het om die onwettige staking te beëindig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.