Wapeneienaars moet lisensies vroegtydig hernu

Deel op

Wapeneienaars word daaraan herinner dat hulle hul vuurwapenlisensies vroegtydig moet hernu.

Die vergunning om laat aansoekers te akkomodeer, is pas deur die polisie se hoofkantoor ingekort en daar gaan glo streng teen opgetree word teen diegene wat nie betyds hul aansoeke indien nie.

Dit is volgens die polisie se Ethel Linström, en volg na sekere wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet.

Die meeste vuurwapenlisensies is tien jaar geldig. Lisensies, permitte of sertifikate vir vuurwapens wat sedert 2004 uitgereik is, sal in aanmerking kom vir hernuwing, aangesien handwapens vir selfverdediging net vir vyf jaar geldig is.

Ingevolge artikel 24 van die Wet moet wapeneienaars voortaan ten minste 90 dae voor hul lisensie verval, dit laat hernu.

Indien hulle nie binne dié tyd aansoek gedoen het nie, het wapeneienaars volgens Linström verskillende opsies.

Die wapens kan ingehandig word by die polisie, of by wapenhandelaars op nuwe kode gelys word terwyl die aansoek gedoen word, het Linström gesê.

Nog ‘n moontlikheid is dat ‘n uwe aansoek deur ‘n nuwe eienaar gedoen word nadat die wapen aan ‘n nuwe eienaar geskenk word.

Wapeneienaars wat hul lisensies tot dusver laat hernu het, is oor die hoof gesien en kon die afgelope vyf jaar hul lisensies hernu ondanks die verbod op laat hernuwings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.