Die polisie in Potchefstroom ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n student aan die Noordwes-Universiteit se liggaam Dinsdag in sy woonplek in Wilgenstraat gevind is.
DIe 35-jarige Bobby Motlatla is skynbaar met ‘n mes doodgesteek.
Volgens polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, het ‘n kennis van Motlatla die polisie Dinsdag gekontak omdat hulle die derdejaar musiekstudent verlede Vrydag laas gesien het.
Sy lyk is vol meswonde op sy bed aangetref. Hy het op sy rug gelê met ‘n kussing op sy maag.
Motlatla se familie het van Welkom na Potchefstroom gereis om hul seun uit te ken.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
‘n Woordvoerder van die universiteit, Kiewiet Scheppel sê die instellings is geskok deur die nuus van Motlatla se dood.