Skoolgeld gaan skerp styg waarsku Fedsas

Deel op

Die federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) sê die meeste skole gaan waarskynlik aanstaande jaar hul skoolgeld met baie meer as inflasie verhoog.

Paul Colditz, Fedsas se uitvoerende hoof, sê munispale tariewe, wat oor die laaste vyf jaar met 18% gestyg het, die inflasiekoers en salarisverhogings plaas groot druk op skoolbeheerliggame om hulle begrotings aan te pas.

Colditz sê verder die staat se bydrae tot skole dek nie eers die water– en elektristeitsrekeninge nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.