Twee van Zuma-beskermingseenheid wat op motor skiet se saak uitgestel

Deel op

Twee lede van die presidensiële beskermingseenheid sal volgende jaar in die Potchefstroom-landdroshof hoor of hulle skuldig aan poging tot moord is

Die transkripsie van die uitspraak was nie vanoggend gereed nie. Gevolglik sal Sankoela Lepota en Malose Makonyane eers op 15 Januarie hoor wat die hof se bevinding is.

Beide mans staan tereg op ’n aanklag van poging tot moord wat verband hou met ‘n voorval in Augustus 2013 op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp.

Die swartes het na bewering ‘n skoot afgevuur op ‘n groen Uno, en die motor se linkervoorwiel getref.

Die insittendes, Schalk en Nadine Enslin, is nie in die voorval beseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.