Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Deel op

Benin se pres. Thomas Boni Yayi sal die tuig na twee termyne neerlê “uit respek vir die grondwet” wat hom verhinder om hom in 2016 herverkiesbaar te stel.

“Elkeen het sy eie oortuigings. Myne is om my land se grondwet te ­respekteer,” het hy in ’n onderhoud aan AFP in Parys gesê.

Yayi se besluit onderskei hom van vele ander Afrika-staatshoofde soos die Republiek van Kongo se Denis Sassou Nguesso, Zimbabwe se Robert Mugabe en Uganda se Yoweri Museveni, wat almal reeds vir dekades aan bewind is.

Yayi is deur sy Franse ampsgenoot, Francois Hollande, as ’n voorbeeld van demokrasie in Afrika geloof.

Yayi wou nie ander staatshoofde in Afrika kritiseer nie. “Ek het nie ’n les om enige iemand te leer nie en ek wil niemand kritiseer nie,” het die 63-jarige staatshoof gesê wat in 2006 vir die eerste keer verkies is.

Benin het reeds drie gladde demokratiese regeringsoorgange gehad sedert die land se kommunistiese diktatuur in 1990 tot ’n val gekom het.

Presidentsverkiesings word vir Februarie beplan. Die regerende FCBE-party het nog nie op ’n kandidaat vir die verkiesing besluit nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.