Straler vlieg in woonstelgebou vas

Deel op

Nege mense is Dinsdag dood toe ’n klein straler onderweg na ’n lughawe in die Amerikaanse deelstaat Ohio in twee residensiële geboue vasgevlieg het.

Sewe insittendes van dieselfde eiendomsmaatskappy Pebb Enterprises, en twee vlieëniers is dood in die ongeluk. Die maatskappy spesialiseer in die oprigting van winkelsentrums.

Die eienaar van die vliegtuig, Augusto Lewkowicz, het gesê hy sal nie die name van die sewe passasiers en twee bemanningslede was aan boord bekendmaak nie, “uit simpatie vir die naasbestaandes”.

‘n Ooggetuie het gesê die vliegtuig het skielik “uit die lug geval”.

Die Ohio-hoofwegpatrollie het bevestig dat die vlieënier en medevlieënier asook ’n onbekende aantal passasiers in die voorval dood is.

Volgens polisiebronne op die toneel in die stad Akron is nege mense dood.

Lt. Bill Haymaker, woordvoerder van die Ohio-hoofwegpatrollie, sê die Hawker H25-straler, wat tot 10 passasiers kan vervoer, was “heel, maar het gebrand”.

Niemand was ten tyde van die voorval in die geboue nie. Sover bekend is niemand op die grond beseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.