Poetin reageer op wilde aantygings van opkikkers

Deel op

Wladimir Poetin van Rusland het gereageer op wilde aantygings teen Russiese sportlui deur die Wêreldagentskap teen opkikkers, Wada.

Hy het gesê daar bestaan geen gronde vir sulke bewerings nie.

“Sodra sulke soort aantygings gemaak word, moet bewyse ook voorsien word. Solank daar nie bewyse is nie, is dit moeilik om daarop te reageer,” het Poetin se woordvoerder, Dmitri Peskof, aan verslaggewers gesê.

‘n Komitee van Wada het Maandag verklaar dat Rusland nie aan die Olimpiese Spele moet deelneem nie en uit internasionale sport geskors moet word.

Die verklaring volg nadat Wada tot die gevolgtrekking gekom het dat daar ‘n “diepgesetelde kultuur van korrupsie in Russiese atletiek heers”.

Die verklaring het groot verbasing onder sportlui gelei, aangesien Wada swyg oor China se gebruik van opkikkers.

Ontleders meen aantygings teen Rusland deur die VSA en Brittanje is in die mode maar Wada sal dit nie waag om die opkikker-mal China uit te wys nie, omdat dit te sensitief mag wees.

Wada sal sy aanbeveling aan die IAAF deurgee, en die Raad van die IAAF sal besluit of Rusland geskors sal word.

Die IAAF word egter tans ondersoek deur Interpol vir bedrog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.