Minister belowe hulp aan veeboere

Deel op

Die minister van landbou, Senzeni Zokwana, het verligting van R220 miljoen vir veeboere belowe.

Hy het in die Parlement aangekondig dat sy departement geld uit sy bestaande begroting gaan heraanwend vir veeboere wat gebuk gaan onder die ergste droogte in dekades.

Die geld is onmiddellik beskikbaar vir boere wat geen voer meer het vir hul vee nie.

Die portefeuljekomitee oor landbou en landelike ontwikkeling in KwaZulu-Natal het intussen onderneem om boere finansieel by te staan wat deur die droogte geraak word.

Die voorsitter van die komitee, Themba Mthembu sê die besluit is geneem tydens ‘n vergadering in Pietermaritzburg.

Hy sê die presiese bedrag wat beskikbaar gestel gaan word en hoeveel individuele boere gaan ontvang, sal afhang van die skade wat hulle gely het.

Mthembu sê boere kan hul plaaslike kantoor van landbou en landelike ontwikkeling vir meer inligting kontak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.