OB se personeel sluk begroting in

Deel op

Die Openbare Beskermer Thuli Madonsela moes ‘n hele paar van haar kantore sluit weens ernstige finansiële probleme.

Die eerste kantoor wat permanent sal sluit is die Siyabuswa-streekkantoor in Mpumalanga, en ander sal volg.

Madonsela het haarself ongewild gemaak deur president Jacob Zuma met allerlei grondwetlike verpligtinge te belas.

Die OB se woordvoerder, Oupa Segalwe, het bevestig dat kostes tans besnoei word.

Segalwe het gesê die ideaal is dat Madonsela ‘n satelliet-kantoor in elk van die munisipaliteite kry, waar sy tans tussen twee en drie kantore in elke provinsie aan die gang hou.

Twee jaar gelede het die OB mobiele uitreikprogramme op verafgeleë landelike gebiede gesluit as gevolg van ‘n gebrek aan fondse, nadat dit nie gelei het tot meer openbare klagtes aan die beskermer nie.

Segalwe gesê egter die kantoor het 276 vakante poste wat sy ondersoekende kapasiteit in die wiele ry.

Madonsela het R218 miljoen in die vorige finansiële jaar ontvang en dit is verhoog tot R246 miljoen vir hierdie finansiële jaar.

Segalwe het gesê dat luidens Madonsela se strategiese beplanning het sy ‘n bykomende R200-miljoen nodig om meer personeel aan te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.