Krygkor, lugmag verduidelik Zuma-straler

Deel op

Die hoofbestuurder van Krygkor sê die gebruik van kommersiële vlugte dra risiko’s en die land se leiers moet beveilig word.

Krygkor en die lugmag het die media Dinsdagoggend toegespreek oor die beplande aankoop van ‘n nuwe straler vir president Jacob Zuma. Volgens berigte kan dit glo tot R4 miljard kos.

Krygkor se hoofbestuurder, Kevin Wakeford, sê egter dit is bloot ‘n aansoek en nog nie ‘n vaste besluit nie.

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag, Fabian Msimang, sê oor die afgelope paar jaar het die beskikbaarheid van vliegtuie problematies geword.

Wakeford sê ‘n staatshoof kan nie op ‘n gewone vlug met sy personeel vergader of werk nie. Hy sê dit sal elke veiligheidsprotokol in die boek oortree.

Wakeford het ook na die jongste lugramp in Egipte verwys waar ‘n passasiersvlug met Russiese toeriste neergestort het.

Hy het gesê die bespiegelinge oor die uitgawe is voortydig omdat geen besluit nog geneem is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.