Skoonmakers dreig om UV te ontwrig

Deel op

‘n Klein groepie skoonmakers by die Universiteit van die Vrystaat en betogers het Dinsdagoggend betoog teen uitkontraktering by die instelling.

Hulle eis dat dit stopgesit word en dat hulle deur die UV aangestel word sodat hulle meer voordele kan geniet soos gratis onderrig vir gesinslede.

Die groep het omstreeks 10:00 bymekaargekom het om met die protesaksie te begin.

Hulle wou die administrasiegebou binnedring om werksaamhede te ontwrig en het rewolusionêre slagspreuke gedreunsing.

Die groep sê hulle sal die universiteit lamlê as daar nie aan hulle eise gehoor gegee word nie.

Jonathan Jansen, die rektor, het vroeër gewaarsku dat die oproer sal aanhou, ook aanstaande jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.