Uganda begin voorberei vir 2016 se verkiesing

Deel op

Uganda se presidentsveldtog het Maandag afgeskop met die oog op verkiesings­ wat in Februarie 2016 gehou word.

In die verkiesing kom die land se veteraanpresident teen ’n ou teenstander en afgedankte premier te staan.

Agt kandidate het hulle beskikbaar gestel vir die verkiesing wat op 18 Februarie 2016 gehou word. Die huidige president, Yoweri Museveni, is reeds 30 jaar lank aan bewind.

Museveni, wat in 1986 president geword het, se sterkste teenstand kom van Kizza Besigye van die Forum vir Demokratiese Verandering (FDC) wat reeds drie keer in die verlede die knie voor Museveni moes buig, en Amama Mbabazi, ’n voormalige eerste minister wat as onafhanklike kandidaat staan.

Die verkiesingskommissie in die land het kandidate aangemoedig om vreedsame veldtogte te voer en hulle by die landswette te hou, wat onder meer ’n skemeraandklokreël vir verkiesingsvergaderings asook ’n einde aan veldtogvoering twee dae voor die verkiesing insluit.

Ander kandidate is ’n universiteitsprofessor, Venansius Baryamureeba; Abed Bwanika wat beloof om homoseksuele mense te “rehabiliteer” as hy wen; ’n evangeliese pastoor, Joseph Mabirizi; ’n afgetrede generaal, Benon Biraaro, en ’n regsgeleerde, Faith Kyalya, die enigste vroulike kandidaat.

Museveni, van die regerende party (NRM), sal na alle verwagting die oorhand kry en vir nog ’n termyn van vyf jaar verkies word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.