Goedkoop politiekery ontsier internasionale atletiek

Deel op

Amerika en Brittanje wil Rusland graag voor volgende jaar uit die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro skors.

Die Wêreldagentskap teen opkikkers (Wada) het Maandag aanbeveel dat Rusland uitgeskop word oor “sistemiese gebreke” in die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) jeens opkikkers.

In die verslag word gesê dat die Olimpiese Spele in Londen in 2012 “gesaboteer” is deur die IAAF se trae houding.

“Ons aanbeveling is dat die Russiese Federasie in 2016 geskors word,” het Dick Pound, president van Wada, op ’n nuuskonferensie gesê.

Die Britse oud-atleet en politikus, Sebastian Coe, tans president van die IAAF, het Wada se verslag beaam en gesê Rusland behoort geskors te word.

Rusland het met 2012-Spele met 17 medaljes, tweede na die VSA geëindig.

Die Russiese intelligensiediens (FSB) was glo tydens die Winterspele in Sotsji teenwoordig, wat gelei het tot “partydigheid en ‘n gebrek aan oordeel en integriteit”.

Klagtes van korrupsie en geldwassery is ook verlede week in Frank­ryk teen sy voormalige president, die 82-jarige Lamine Diack, aanhangig gemaak.

Hy word daarvan beskuldig dat hy $1,09 miljoen in omkoopgeld gekry het om positiewe opkikkertoetse van Russiese atlete toe te smeer.

Interpol het Maandag bekend gemaak dat hy ’n wêreldwye ondersoek na korrupsie en opkikkergebruik in atletiek gaan lei teen die Russiese Federasie.

Al die gevolgtrekkings in die Wada-verslag is gebaseer op onbevestigde bronne en ongegronde feite, het die Russiese minister van sport Vitaly Mutko gesê.

Mutko sê dat Rusland jaarliks sowat 15.000 monsters neem en die totale aantal atlete wat gediskwalifiseer word staan op ongeveer 2 persent, “dieselfde as in ander lande”.

“Dit is onmoontlik om vandag iets weg te steek. Al die data is daar in die databasisse onder toesig van Wada. Baie daarvan kan net nie vervals word nie,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.