Suid-Afrikaner wat doodgeskiet is in Jordanië nog onbekend

Deel op

Pres. Barack Obama het Maandag ‘n volledige ondersoek in Jordanië belowe na ‘n skietry waarin ses mense, waaronder twee Amerikaners en ’n Suid-Afrikaner, dood is.

Die Suid-Afrikaner se naam is nog nie bekend nie.

Die VSA beskou die aanval op die Koning Abdoellah-polisie-opleidingsentrum naby die hoofstad Amman in ’n baie ernstige lig, sê hy.

Obama het op ’n nuuskonferensie by die Withuis gesê: “Die feit dat iemand in ’n militêre uniform ’n aanval by ’n opleidingsfasiliteit in (Jordanië) uitgevoer het . . . ons neem dit baie ernstig op, en sal nou saamwerk met die Jordaniërs om te bepaal wat presies gebeur het.”

Volgens die Amerikaanse ambassade in Amman is die Amerikaners en die Suid-Afrikaner wat dood is veiligheidskontrakteurs. Hul name is nog nie bekend gemaak nie.

Die Suid-Afrikaanse ambassade in Jordanië weet nie wie die man is nie, aangesien hy nie by hulle geregistreer is nie.

Een van die Jordaniese slagoffers was glo ’n tolk. ’n Tweede Jordaniër wat in die aanval gewond is, is later in die hospitaal dood.

Dit is onbekend van watter land die sesde slagoffer is.

Volgens ’n Amerikaanse beampte het die twee Amerikaners vir die VSA se departement van buitelandse sake gewerk. Hulle het Palestynse veiligheidsmagte opgelei.

’n Senior Jordaniese beampte sê die skieter was ’n polisiekaptein. Die owerhede het hom as Anwar Abu Zeid geïdentifiseer. Die motief vir die aanval is onbekend.

Abu Zeid is ná die aanval in ’n skietery met die owerhede dood.

Jordanië is ’n bondgenoot van die VSA, wat watergebiede in die buurlande Sirië en Irak beset.

Jordaniese owerhede sê terreurgroep se houvas in sy buurlande laat die koninkryk kwesbaar vir aanvalle.

’n Senior Jordaniese beampte, wat gevra het om anoniem te bly, sê die aanval is glad nie verrassend nie.

“Die bedreiging van Islamitiese terrorisme in die streek het oor die laaste paar jaar in die nasleep van die konflik in Sirië en Irak gestyg.

“Maak nie saak hoeveel voorkomende maatreëls ingestel word nie, dit is onmoontlik om al die risiko’s uit te skakel,” sê hy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.