Klipgooiers versper R55

Deel op

Motoriste wat van Pretoria na Johannesburg reis is aangeraai om die R55 naby Olievenhoutbosch te vermy.

Oproeriges in die gebied het Maandagoggend die pad versper en klippe gegooi na motoriste wat probeer het om die roete te gebruik.

Die pad is gesluit deur die owerhede.

Die Tshwane Metropolisie het gesê die protesaksie word aangevuur deur inwoners wat weier om te beweeg van Mooiplaats.

“Die situasie is op die oomblik baie gespanne,” het ‘n woordvoerder Isak Mahamba, gesê.

“Ons probeer om betrokke te raak by die gemeenskap om uit te vind wie hul leiers is, maar op die oomblik is hulle oral versprei en gooi hulle klippe.”

Motoriste wat normaalweg die roete gebruik word aangemoedig om die N1 en N14 as alternatiewe roetes te gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.