Bloedige hitte terwyl WB aardverwarming en armoede bespreek

Deel op

Suid-Afrikaners in die binneland moet hulle staal teen bloedige hitte in die droë week wat voorlê, het RSG berig.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik van volgehoue hoë temperature in die noordelike dele van die land, waaronder Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes.

Die kwik sal in sommige gebiede hoër as 40 grade Celcius styg. Weervoorspellers verwag dat die oostelike dele van die land, insluitend Gauteng en die suidelike deel van Mpumalanga, teen die komende naweek reën kan kry.

Die Wêreldbank het intussen gewaarsku dat 100 miljoen mense teen 2030 armoede in die gesig sal staar indien daar nie nou stappe gedoen word teen aardverwarming nie.

Die bank sê die verskynsel sal gewasse verwoes en die verspreiding van malaria en ander siektes aanwakker.

Die Wêreldbank sê klimaatsverandering het reeds ‘n impak op arm mense wat sukkel om gewasse te groei ten spyte van uiterste weersomstandighede en lae reënval.

Die wêreld se armstes kry minder hulpbronne en is nie voorbereid op toekomstige klimaat-skoktoestande soos erge droogte en stygende seevlakke nie.

Die bank het ‘n beroep gedoen op die wêreldleiers om nou stappe te doen om koolstof-vrystelling te beperk en meer hulpbronne vir armes beskikbaar te stel.

Die VN se beraad oor klimaatsverandering vind oor ‘n paar weke in Parys plaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.