VSA, Brittanje sê bom het tot Russiese ramp gelei

Deel op

Amerikaanse en Britse owerhede meen ‘n bom aan boord van ‘n Russiese passasiersvliegtuig het tot die lugramp oor Egipte gelei.

Die Airbus 321 het in die lug verbrokkel en wrakstukke is oor kilometers heen versprei.

Die Islamitiese Staat (ISIS) kon glo daarvoor verantwoordelik gewees het, maar wou geen finale gevolgtrekkings oor die ongeluk gemaak nie.

‘n ISIS-geaffilieerde terreurgroep het Woensdag verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar. Dit was glo “in reaksie op Russiese lugaanvalle wat honderde Moslems in Sirië doodgemaak het”.

Rusland het in September lugaanvalle teen internasionale terroriste van stapel gestuur.

Die Airbus 321 het Saterdag bo die Sinai-skiereiland in die lug verbrokkel kort nadat dit van die vakansieoord Sharm el-Sheikh op pad na die Russiese stad St. Petersburg opgestyg het. Al 224 mense aan boord is dood.

Rusland het intussen vlugte beskikbaar gemaak om Russiese vakansiegangers in die Egiptiese stad te ontruim.

Ondersoekers het reeds gesê dit is onwaarskynlik dat die vliegtuig van buite getref is. ISIS beskik vermoedelik nie oor die tegnologie om ’n straler van ’n kruishoogte bo 10 000m voet neer te skiet nie.

Die Russiese lugvaartowerheid het ook ‘n veiligheidsklaring vir van Boeing se vliegtuie teruggetrek.

Die Russiese vliegtuie het by Al Arish, naby die grens van Israel, neergestort, baie naby aan Eenheid 8200, geleë op Kibbutz Urim.

Dit is ‘n militêre intelligensie-eenheid, ‘n belangrike satellietseinintelligensiefasiliteit wat minder as 60 myl NNO van die plek is waar die Russiese vliegtuig verbrokkel het.

Eenheid 8200 is die sentrum van Israel se kuberaanvalsvermoëns in die Negev-woestyn, en ‘n leier in hoë-tegnologie oorlogvoering.

Sowat 40 mense is ook dood nadat ’n vliegtuig met Russe aanboord van ’n lughawe in Suid-Soedan neergestort het.

Dit is onduidelik presies hoeveel mense aan boord die vliegtuig was.

Ooggetuies sê dele van die vliegtuig het aan die oewer van die Witnylrivier naby die lughawe in die hoofstad, Juba, gelê.

Die South Sudan Tribune, ’n plaaslike koerant, het getwiet dat die vliegtuig ’n vragvliegtuig met vyf Russiese bemanningslede en sewe passasiers aan boord was.

’n Presidensiële woordvoerder sê egter die vliegtuig het omtrent 20 mense aan boord gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.