Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi wil klaarblyklik nie die totale koste van die omstrede kontrak tussen die Vrystaatse gesondheidsdepartement en die private maatskappy, Buthelezi-ambulansdienste openbaar maak nie.
Hy het reageer op ‘n perlementêre vraag oor watter provinsies derdeparty-kontrakte vir die verskaffing van ambulansdienste gesluit het, die duur van die kontrakte en die koste daarvan.
Motsoaledi het aangedui dat net twee provinsies – Vrystaat en Noordwes – van private ambulansdienste gebruik maak, maar nagelaat om die totale koste van dié kontrakte bekend te maak.
Opposisiepartye in die Vrystaat het die provinsiale gesondheidsdepartement sterk gekritiseer vir dié kontrak wat volgens LUR Benny Malakoane sowat R6.5 miljoen per maand beloop.
Die gesondheidsdepartemente in die Vrystaat en Noordwes is juis die twee provinsies wat weens geldelike probleme onder administrasie geplaas is.
Motsoaledi sê ingevolge ‘n ooreenkoms vir die gebruik van private ambulansdienste in Noordwes – geskied die diens net wanneer dit nodig is.