Mandela-kleinseun terug in hof oor verkragting

Deel op

Die kleinseun van die ontslape Nelson Mandela sal na verwagting Maandag in die die Johannesburgse landdroshof hof verskyn nadat hy beskuldig is van die verkragting van ‘n 15-jarige meisie.

Die 24-jarige pa van drie is voorheen op R7 000 borg vrygelaat in Augustus nadat hy ‘n week in die tronk deurgebring het.

In haar verklaring, het die slagoffer gesê dat die beskuldigde haar verkrag het, maar Mandla Mandela beweer in sy beëdigde verklaring die seks was konsensueel en dat hy geen idee gehad het dat sy minderjarig is nie.

Hy beweer dat die kroeg waar hulle ontmoet het, nie gaste onder die ouderdom van 21 toelaat nie.

Sy het glo gedrink en gerook, word beweer. ‘n Sjef van die kuierplek, wat die twee saam gesien het, het ook ‘n beëdigde verklaring ingedien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.