Russiese verkenningsvliegtuig draai ‘n seemyl van Amerikaanse vliegdekskip

Deel op

Op 27 Oktober 2015, het ‘n Tupolef 142 herhaaldelik nadervlugte aan die vliegdekskip die USS Ronald Reagan uitgevoer. Dié vliegdekskip is deel van die Sewende Vloot en die Suid-Koreaanse vloot se maneuvers in die ooste van die skiereiland.

Sedert April 2014, het die Russiese vliegtuie sorties onderneem om sy eie kommunikasiestoringstelsel en die bevelstruktuur van NAVO te toets.

Verskeie van die Amerikaanse vliegdekskip se vliegtuie kon opstyg voordat die Russiese vliegtuie hul kommunikasie en die VSA se bevelketting onderbreek het.

Die Amerikaners was uiteindelik in staat om die indringer te verwilder, maar die Tupolef het binne 500 voet van die vliegdekskip gedraai voordat die Sewende Vloot kon reageer.

Dié oefening lê die feit bloot dat Rusland in staat is om ‘n vlagskipvaartuig van NAVO te vernietig.

Die Russiese kommunikasiestoringstelsel en NAVO se opdragstruktuur word tans daagliks getoets in Sirië in ‘n werklike oorlogsituasie.

Die Russe dek ‘n radius van 300 kilometer vanaf Latakia in Sirië wat nou buite bereik is van die Atlantiese Verdragslande.

Dieselfde stelsel is ook ontplooi binne ‘n deel van die Swart See en omstrede Kaliningrad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.