Springbokke moet vinniger verswart sê minister

Deel op

Die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê SARU sal later vandeesmaand vergader om die vertoning van die Springbokke tydens die Wêreldrugbytoernooi te bespreek.

Hy het gewaarsku dat as ‘n transformasieteiken van 50 persent vir die Springbokke nie bereik kan word nie, sy departement stappe teen SARU sal doen.

Mbalulu sê die Springbokke het nie sleg gevaar tydens die wêreldbeker nie, maar kan beter doen as hulle verder transformeer.

Die Springbokke het derde geëindig in die toernooi, na Australië en Nieu-Seeland.

Die adjunk-minister van sport, Gert Oosthuizen, sê SARU en rugbyfederasies is verantwoordelik vir transformasie in die sport.

Hy het by dieselfde mediakonferensie in Johannesburg gepraat.

Transformasie in die nasionale-rugbyspan word voorgehou as die rede vir die Bokke se middelmatige vertoning.

Net agt spelers van kleur is by die Springbok-wêreldbeker-groep ingesluit.

Die vakbond Cosatu sê hulle sal die druk teen ‘n gebrek aan transformasie in Suid-Afrikaanse rugby volhou.

Hulle dreig om wedstryde te ontwrig as daar nie aan die oproep om verswarting gehoor gegee word nie.

Tony Ehrenreich van Cosatu het aan eNCA gesê dat meer gedoen moet word, en vinnig.

Mbalula sê die 50 persent swart verteenwoordiging moet bereik word teen die volgende Wêreldbeker-toernooi in 2019.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.