‘n Totaal van 299 sake van wangedrag is tydens die vorige boekjaar in departemente en openbare entiteite in die Vrystaat aangemeld.
Dit is volgens die LUR vir finansies, Elzabe Rockman.
Sy het tydens die amptelike aankondiging van die internasionale anti-korrupsie- en bedrogbewusmakingsveldtog in Bloemfontein gesê dat 161 amptenare in dié sake skuldig bevind is.
Rockman sê 29 amptenare is afgedank, 63 het finale waarskuwings gekry en 25 is beboet vir verskeie oortredings. Rockman sê nie al die klagtes het te doen met finansiële bestuur of die toekenning van tenders nie.
Sy sê as gevolg van die feit dat die departemente van gesondheid en onderwys die grootste aantal werknemers het, het hulle die hoogste aantal sake aangemeld.