Deen wat met menslike dele betrap is se borgaansoek duur voort

Deel op

Die borgtog-aansoek van die Deense burger, Peter Fredericksen, wat van onder meer seksuele aanranding aangekla word, gaan voort.

Die saak teen die 63-jarige wapenhandelaar van Bloemfontein het ‘n verrassende wending geneem, nadat dit aan die lig gekom dat Peter Fredericksen ook verbind word met die skietdood van sy swart vrou in Lesotho verlede maand.

Die klagstaat teen hom lees as volg: Twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, een van aanranding, verskeie aanklagte van die vervaardiging van pornografie, die verspreiding van kinderpornografie, asook die besit daarvan.

Daar is ook twee aanklagte van sameswering, die verwydering van menslike weefsel en ‘n aanklag dat menslike weefsel by ‘n ongemagtigde plek verwyder is, sowel as bigamie.

Fredericksen is op 17 September in hegtenis geneem nadat vrouedele van sewe swart vroue in die vrieskas van sy Langenhovenparkhuis ontdek is. Hulle is almal vermoedelik van Lesotho.

Dit is nie bekend of die Deen die menslike dele vir moetie verkoop het nie.

Sy oorlede vrou, Anna Matseliso Molise, het hom dieselfde dag by die polisie aangegee.

Volgens die BBC word hy in Denemarke deur die polisiegesoek op aanklagte van onwettige wapenhandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.