SA verkies tot Interpol se Uitvoerende Komitee

Deel op

Suid-Afrika is die eerste Afrika-land wat hierdie week verkies is tot uitvoerende komitee van Interpol, het die Valke Donderdag gesê.

Meer as 190 lande in die Algemene Vergadering van Interpol het gestem dat Suid-Afrika op die Uitvoerende Komitee verteenwoordig word.

Die vergadering is hierdie week van Maandag tot Donderdag in Kigali, Rwanda gehou.

Die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie Nkosinathi Nhleko het gesê die aanstelling is ‘n eer. Hy het gesê die aanstelling is ‘n aanduiding dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) “voortgaan om ‘n leidende rol in internasionale polisiëring te speel.”

Nhleko het gesê die aanstelling versterk Suid-Afrika se standpunt oor die stryd teen misdaad.

Hy het gesê Suid-Afrika is verbind daartoe om die nuwe aanstelling beskou as ondersteuning “om die belange van die vasteland in die globale stryd teen internasionale georganiseerde misdaad te bevorder.”

Die komitee het 13 lede en die Suid-Afrikaanse afvaardiging op die komitee sal onder leiding van brigadier Anbuen Naidoo, hoof van Interpol se Nasionale Sentrale Buro (NCB) in Pretoria staan.

Die NCB het onlangs deel geword van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) en sal met globale wetstoepassingsagentskappe skakel.

Nhleko het gesê: “Die Valke se leidende rol sal Suid-Afrika se voetspoor versterk in die bou van kriminele databasisse en saamwerk met ander internasionale agentskappe op polisiëring in oorgrensondersoeke, operasies en arrestasies.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.