VSA dreig SA met opskorting van AGOA

Deel op

President Barack Obama het Suid-Afrika 60 dae gegee om te reageer om die AGOA-ooreenkoms te red.

Die African Growth and Opportunity Act (AGOA) is ‘n handelsooreenkoms wat die vrye invoer van Amerikaanse landbouprodukte in ruil vir uitvoervoordele behels.

Amerika sê Suid-Afrika het onder meer onnodige sanitêre vereistes vir Amerikaanse vark- en beesvleis ingestel, nadat pluimveeprodukte verlede Desember na ‘n uitbreking van voëlgriep verbied is.

Suid-Afrika sal die voordele ingevolge die wet op Afrika Groeigeleenthede prysgee, indien die hindernisse rakende Amerikaanse hoender- en vleisuitvoere nie uit die weg geruim word nie.

Die verlies aan voordele beloop na raming bykans R100 miljoen.

Suid-Afrika het ‘n spertyd van 15 Oktober misgeloop om op nuwe reëls vir invoere van Amerikaanse pluimvee- en vleis-produkte ooreen te kom.

“Ek neem hierdie stap omdat Suid-Afrika voortgaan om beperkings aan langdurige Amerikaanse handel te stel, insluitend hindernisse wat op sekere Amerikaanse landbou-uitvoere geld,” het hy gesê in ‘n brief aan die Kongres.

Vrye toegang tot Suid-Afrika vir Amerikaanse handel en belegging is een van die kriteria vir lidmaatskap van AGOA.

Die ooreenkoms is vroeër vanjaar hernu en bied belastingvrye toegang tot goedere van sub-Sahara Afrika-lande, wat wissel van ru-olie tot klere.

In 2014 het Suid-Afrika $176 miljoen se landbouprodukte na die Verenigde State uitgevoer onder AGOA.

Produkte wat geraak word sluit lemoene, wyn, makadamianeute en sitrussap in, volgens Amerikaanse data.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.