Soektog na vermiste DA-adjunkleier afgelas

Deel op

Die grondsoektog na die vermiste adjunkleier van die DA in Noordwes, Petro Nel, is Maandag in Nepal afgelas.

Nel, wat môre presies vier weke gelede saam met ‘n Russiese vlieënier in dié bergagtige land in ‘n mikroligte vliegtuig vermis geraak het, se gesin is op pad terug na Suid-Afrika.

Die DA se provinsiale kommunikasiehoof, Nicolize van der Walt, sê Nel se man JC en die egpaar se seuns John-J en Juan is na Nepal nadat die mikroligte vliegtuig waarin Petro en Valeri Puten op 8 Oktober van Pokhara op ‘n besigtigingsvlug in die Annapurna-berge in die Himalajas vertrek het, nooit teruggekeer het nie.

Nel, oorspronklik van Klerksdorp, was alleen in Nepal met vakansie. Dit was haar droom sedert haar skooldae om in die land vakansie te hou.

Van der Walt sê JC en die seuns sal na verwagting vandag in Suid-Afrika aankom.

Van der Walt sê JC en die seuns het die laaste paar dae afskeid van hul geliefde Petro geneem.

“Die soektog moes iewers stop nadat daar niks (die twee vermiste mense en die vliegtuig) die afgelope drie weke gevind is nie.”

Volgens haar moes Petro se gesin vir hul eie behoud tyd in Nepal deurbring en het dit gedoen om afskeid te neem.

Nel sê familie en vriende is steeds positief en hoop op goeie nuus, maar Nel se gesin moet voortgaan met hul lewens.

Sy sê die DA sal in die volgende paar weke ‘n besluit neem oor Nel se posisie. Dit is nog onbekend wat die wetlike aspekte rondom vermiste mense soos in Nel se geval is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.