DA-LP Juanita Terblanche beoog om te appelleer teen haar onlangse skorsing uit die party.
Dit volg nadat die DA se nasionale woordvoerder, Phumzile van Damme, die naweek gesê het dat die besluit om Terblanche se lidmaatskap te beëindig, gekoppel word aan wanbesteding van die party se fondse in Noordwes, waarin haar kiesafdeling is.
Terblanche het gesê hoewel sy nie veel meer kan uitbrei oor die saak totdat haar appèl formeel geloods is nie, sy glo dat Van Damme ’n wanvoorstelling van die klagtes teen haar, aan die media gedoen het.
Intussen het nog ‘n wit gesig in die party, die geskorste Diane Kohler-Barnard, gesê sy is van voornemens om formeel te appelleer teen háár skorsing.
Die formele appèl sal volg nadat sy die formele redes ontvang het van die party se federale bestuur.
Die beëindiging van Kohler-Barnard se lidmaatskap is Vrydag aangekondig ná ‘n federale uitvoerende vergadering.

Dit was nadat sy gereageer het op ‘n Facebook-boodskap van joernalis Paul Kirk het waarin hy president PW Botha noem. Kohler-Barnard het gesê sy het nie die pos deurgelees voordat sy dit gedeel het nie.
Die boodskap lui as volg: “Kom asseblief terug PW Botha – jy was baie meer eerlik as enige van hierdie [African National Congress] skurke, en jy het ‘n veel beter diens aan die publiek gelewer.”
In September, het sy het skuldig gepleit op klagtes van wangedrag, wat die party in oneer gebring het asook oortreding van die party se sosiale media-beleid.
Die Demokratiese Alliansie sal ook vandag die EFF in die Grondwethof verdedig.
Die DA voer aan dat die inhegtenisneming van parlementslede ongrondwetlik is.
Die saak spruit voort uit gebeure tydens vanjaar se staatsrede toe voorsittende beamptes die polisie opdrag gegee het om opstandige EFF-lede in hegtenis te neem.