Sjina mag dalk eerste vliegdekskip bou

Deel op

'n Hooggeplaasde Sjinese militêre offisier het laat val dat Sjina nou op soek is na 'n vliegdekskip vir sy vinnig groeiende vloot, 'n aksie wat vir seker spanninge tussen die Amerikaanse magte en sy bondgenote in Asië sal verhoog.

Deel op

In 'n onderhoud wat Maandag in die Londense Financial Times gepubliseer is, het die offisier, majoor-generaal Quan Lihua nie gesê of Sjina besig was om 'n vliegdekskip te bou nie. Maar die generaal, 'n senior beampte in die Sjinese departement van verdediging het gesê dat om so iets te hê die droom van enige groot militêre mag is, en dat indien Sjina een sou kry, Amerika niks het om te vrees nie, aangesien dit net vir verdedigingsdoeleindes sal wees.

"Die vraag is nie of mens 'n vliegdekskip het nie, maar wat mens met so iets doen" het hy gesê.

"Selfs al het ons eendag so vliegdekskip, sal ons nie soos ander lande dit gebruik vir globale ontplooiing nie."

In onlangse jare het beamptes by die Pentagon Sjina se ambisieuse vlootopbou baie versigtig gevolg. Sedert 2000 het Sjina ten minste 60 oorlogskepe gebou, en sy vloot van 860 vaartuie sluit ook 60 duikbote in.

Spanning tussen Sjina en Amerika het ook verlede maand gestyg nadat die Pentagon die verkoop van $6 miljard se gevorderde wapentuig aan Taiwan aangekondig het. Sjina het woedend gereageer op die nuus, en gewaarsku dat dit die verhoudinge tussen die twee lande kan versuur. Die transaksie sluit in Apache-aanvalshelikopters en gesofistikeerde  missiele, radar en lugverdedigingsstelsels.

In die onderhoud het die generaal benadruk dat Sjina nie 'n vliegdekskip sal ontplooi met aggressiewe bedoelinge nie.

"Vlote van groot moondhede met 10 of meer vliegdekskipgevegsgroepe met strategiese oogmerke het ander toepassings as lande met net een of twee vliegdekskepe vir verdediging van hulle eie waters en kuslyne," het hy gesê.

Alhoewel hy nie name genoem het nie, was sy kommentaar gemik op Amerika, wat 11 vliegdekskepe het, onder andere die George Washington, wat onlangs na Japan ontplooi was.

Die handjievol ander lande wat wel vliegdekskepe het, insluitende Brittanje, Frankryk, Italië en Rusland, het nie een meer as twee sulke skepe in hul vlote nie.

play cluedo online for free no downloadФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.