Cameron se toetrede in Sirië kry die wind van voor

Deel op

Die Verenigde Koninkryk se keurkomitee vir buitelandse sake het premier David Cameron se pogings om Britse troepe in Irak te ontplooi teen Sirië, in die wiele gery.

Die komitee se voorsitter, mnr. Crispin Blunt, ’n wetgewer in Cameron se Konserwatiewe Party, het gesê hy is bevrees die regering “reageer op die oorweldigende gevoel dat iets gedoen moet ­­word, ­­sonder enige verwagting dat sy aksie op militêre­ front beslissend sal wees”.

“Dit het ook nie ’n same­hangende en langtermynplan om ISIS te verslaan en om ’n einde aan die burgeroorlog te bring nie”.

Die Britse lugmag is deel van ’n veldtog van lugaanvalle teen militante teikens in Irak wat deur Amerikaanse magte gelei word.

In 2013 het Britse wetgewers die regering se voorstel vir militêre aksie in naburige Sirië grondig verwerp.

Cameron en sy minister­ van verdediging, Michael Fallon, het gesê hulle is ten gunste daarvan om voort te gaan met lugaanvalle in Sirië, maar net met die parlement se goedkeuring.

In ’n verslag wat Dinsdag vrygestel is, het die ministerie van buitelandse sake se keurkomitee gesê Rusland se ingryping in die konflik ter ondersteuning van Basjar al-Assad se regering “het enige voorgestelde aksie in Sirië deur die VK nog verder gekompliseer”.

Dit het gesê sonder ’n “samehangende internasionale strategie” om Sirië se burgerlike oorlog tot ’n einde te bring, “is dit steeds onsamehangend as aksie net geneem word op grond van ’n behoefte om iets te doen.”

Die komitee het gesê die regering moet fundamentele vrae beantwoord oor die voorgestelde lugaanvalle.

Dit sluit die wettigheid daarvan sonder die goedkeuring van die Verenigde Nasies in.

Dit moet aandui of hulle die steun van magte in die streek insluitend Turkye, Iran, Saoedi-Arabië en Irak, sou hê.

Tot dan “stel ons voor ’n mosie om voort te gaan met Britse militêre aksie in Sirië word nie aanvaar nie,” sê die komitee.

Die komitee se verslag is nie afdwingbaar nie, maar die voorstelle maak dit vir Cameron moeiliker om wetgewers se goedkeuring vir voortgesette lugaanvalle te bekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.