Premier Malcolm Turnbull het ‘n ongewilde besluit van sy voorganger om Australiese ridderskappe terug te bring, omgekeer.
Monargiste is bekommerd dat ander koninklike oorblyfsels ook gaan waai.
Brittanje se Prins Philip is verguis nadat hy ‘n inheemse Australiese boorling in 2002 gevra het: “Gooi julle nog spiese na mekaar?”
Dit was een van die redes waarom Australiërs die voormalige premier Tony Abbott se ridderskap aan Koningin Elizabeth se man gekritiseer het nadat Abbott die gebruik teruggebring het.
Die monarg moes die toekenning van die Orde van Australië aan haar eggenoot boonop self goedkeur.
Baie het gevoel dat Philip, wat reeds van medaljes oortrek is, nie die modelkandidaat is nie omdat hy ‘n bespotting maak van Abbott se eensydige 2014-besluit om ridders en dames ná drie dekade weer terug te bring.
Die Australiese Republikeinse wag tans vir die regte oomblik om terug in die kollig te tree.
“Dit is die eerste van ‘n reeks stappe,” sê joernalis Peter FitzSimons, verbonde aan die Australiese Uitsaaikorporasie.
Hy glo die Republikeinse beweging sal Australiërs aanstons vra of hulle ‘n Australiese staatshoof in plaas van ‘n Britse een wil hê en meen dit sal binne die volgende vyf jaar gebeur.
Die ongewilde Prins Charles en sy tweede vrou, Camilla, sal aanstaande week besoek bring aan Australië en Nieu-Seeland.
Charles is bekend as ‘n intellektuele onderpresteerder, een van die redes waarom die bejaarde ou koningin Elisabeth II nog klou aan die troon.