Stuur Kubaanse ingenieurs terug sê Saisi

Deel op

Suid-Afrikaanse ingenieurs het vroeër gevra dat Kubaanse ingenieurs wat deur die ANC ingebring is om glo dienslewering in die Vrystaat te help verbeter, terug huis toe gestuur moet word.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saisi) het sy afgryse en afkeuring uitgespreek oor die Vrystaatse regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer.

Saisi se uitvoerende hoof het gesê Kubaanse ingenieurs moet nie toegelaat word om in Suid-Afrika te werk as hulle nie deur die Raad vir Ingenieurswese van SA (ECSA) geregistreer kan word nie.

“Hulle kan ook nie aspirant-geregistreerde nagraadse ingenieurs in Suid-Afrika mentor nie, volgens ‘n wet van die Suid-Afrikaanse regering, die Ingenieursprofessie Wet van 2000,” het Manglin Pillay gesê.

Sowat 40 Kubaanse ingenieurs het vroeër in die land aangekom om in die Vrystaat te werk.

Hulle sal reuse-salarisse ontvang, tesame met byvoordele en reistoelaes wat ongeveer R180 miljoen oor drie jaar sal beloop.

Die Vrystaatse premier Ace Magashule het gesê die Kubane is “hoogs gekwalifiseerd”, maar Kuba, ‘n kommunistiese distopie van armoede en hongersnood, wys ‘n gapende gebrek aan ingenieursvernuf.

Vrystaatse munisipaliteite sal miljoene rande moet stort in die aanstellings, terwyl die meeste reeds nie kop bo water kan hou nie.

Die Nketoana-munisipaliteit het in Mei vanjaar reeds R44 miljoen aan Eskom geskuld. Die provinsie se munisipaliteite skuld hul diensverskaffers meer as R3 miljard.

Die Kubane se velde van kundigheid sluit siviele ingenieurswese, hidrouliese, strukturele en meganiese ingenieurswese sowel as projekbestuur in. Dié gespesialiseerde vaardighede is oral in Suid-Afrika beskikbaar.

Landelike munisipaliteite het ook beperkte behoeftes aan sulke vaardighede.

Kuba se parasitiese verhouding met Rusland het versuur nadat die VSA diplomatieke bande met die eiland herstel het op 11 April 2015. In 2008 reeds het Havana geweier om die wegbreek-republieke van Abkazië en Suid-Ossetië te erken.

Russiese nikkel- en oliebelange op die eiland is intussen deur Raoul Castro aan Kanadese en Meksikane nyweraars oorhandig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.