VSA, Rusland sê terreurorganisasie nie betrokke by jongste lugramp nie

Deel op

Amerikaanse intelligensie-owerhede sê daar is nog geen regstreekse bewyse dat daar terreur betrokke was by ‘n Russiese vliegtuig wat in Egipte se Sinai-skiereiland neergestort het nie.

Die Russiese lugdiens sê dat eksterne faktore moontlik Saterdag se ongeluk veroorsaak het, waarin 224 mense dood is.

Die Amerikaanse direkteur van nasionale intelligensie, James Clapper sê hoewel ‘n groep wat bande het met Islamitiese Staat-militante aanspreeklikheid aanvaar het, is daar geen direkte bewyse dat hulle betrokke was nie.

Hy sê daar kan geen gevolgtrekkings gemaak word voordat die inligting op die vliegtuig se vlugopnemers ontleed is nie.

Rusland het bewerings dat die militante-groep betrokke was, verwerp.

‘n Amerikaanse satelliet het na wat berig berig word ‘n hitte-flits oor die Sinaï-skiereiland opgemerk waar die Russiese Kogalymavia-vliegtuig neergestort het wat ooreenstem met die tyd toe die ongeluk plaasgevind het.

Die getuienis van die satelliet ondersteun nie die teorie dat die vliegtuig afgeskiet is deur ‘n oppervlak-tot-lug missiel nie, het NBC News sowel as CBS News berig.

“Die spekulasie dat die vliegtuig deur ‘n missiel getref is, is van die tafel af,” het ‘n senior Amerikaanse verdedigingsamptenaar aan NBC News gesê.

Amerikaanse intelligensie-ontleders glo die flits kon ‘n bomontploffing gewees het of ‘n brandstoftenk wat ontvlam.

Die Amerikaanse satelliet sou die hittespoor van enige missiel met sy infrarooi-opsporingstoerusting kon volg, maar daar was geen aanduiding daarvan nie.

Indien dit bevestig word, sal die Amerikaanse verslae waarskynlik ondersoekbeamptes in die rigting van ‘n bom rig, waarskynlik een met ‘n barometriese sneller, wat suksesvol in die vragruim van die vliegtuig gesmokkel is voordat dit opgestyg het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.