Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Deel op

Forensiese uitslae sal bepaal onder watter omstandighede ‘n Suid-Afrikaanse soldaat, wat tydens die Amani Africa II-oefening by Lohatla in die Noord-Kaap doodgeskiet is, die lewe gelaat het.

Sersant Sello Modisane, van 21 SA Infanteriebataljon (SAI), is gedood tydens ‘n lokval tussen die bystanddienste en ‘n “rebellegroep”. Hy is van Lenz in Johannesburg.

Sowat 21 lande, onder leiding van die Afrika-Unie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is tans by die leërgevegsopleidingsentrum by Lohatla byeen vir ‘n gereedheidsoefening.

SANW-woordvoerder, Jaco Theunissen, sê hulle wag vir uitslae om vas te stel hoe Modisane gedood is aangesien daar loskruitpatrone in die wapen moes wees.

Theunissen sê die SANW betreur die voorval.

Ammerikaanse bondgenote het die weermagintegrasie van SAOG en Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrika geloof en gesê nou sal Afrika-magte as ‘n eenheid optree sonder hindernisse.

Die VN sal glo 25% van die koste van ontplooiings dra terwyl die res van die betrokke streek sal afhang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.