VSA teen die toue in Sirië

Deel op

By ‘n geskiedkundige byeenkoms op 30 Oktober 2015 in Wene, Oostenryk, het die wêreld se groot moondhede ooreengekom dat die staatlike integriteit van Sirië behoue sal bly.

Die besluite by die vergadering het die VSA se planne om Sirië te destabiliseer, erg geknou.

China, Egipte, Frankryk, Duitsland, en ander EU-lidlande, Iran, Irak, Jordanië, Libanon, Oman, Qatar, Rusland, Saoedi-Arabië, Turkye, die Verenigde Arabiese Emirate, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde Nasies, asook die Verenigde State [“die deelnemers”] het vergader om die ernstige situasie in Sirië te oorweeg.

Die deelnemers het vergader oor hoe om so gou as moontlik ‘n einde aan die geweld te bring dmv ‘n openhartige en konstruktiewe bespreking oor knelpunte.

Terwyl aansienlike verskille steeds onder die deelnemers heers, het hulle ‘n wedersydse begrip oor ‘n aantal kwessies uitgespreek:

Sirië se eenheid, onafhanklikheid, territoriale integriteit en sekulêre karakter fundamenteel is.

Staatsinstellings sal dus ongeskonde bly en die regte van alle Siriërs, ongeag etnisiteit of godsdienstige denominasie, moet beskerm word.

Dit is noodsaaklik om al die diplomatieke pogings om die oorlog te beëindig, te bespoedig.

Humanitêre toegang sal verseker word oor die hele gebied.

ISIS en ander terreurgroepe, soos deur die Veiligheidsraad van die VN aangewys, moet verslaan word.

Ingevolge die 2012 Geneva Communique en VN-resolusie 2118, moet ‘n politieke proses lei tot geloofwaardige, inklusiewe, en nie-sektariese landsbestuur, gevolg deur ‘n nuwe grondwet en verkiesings.

Hierdie verkiesings moet onder VN-toesig plaasvind, maar die Siriese mense sal oor die toekoms van Sirië besluit.

Die Amerikaanse president, Barack Obama het intussen dosyne Spesmagte in Sirië ontplooi om ISIS-terroriste te beskerm teen Russiese lugaanvalle.

Obama het die onderneming gegee dat Amerikaanse soldate nie by gevegte betrokke sal raak nie.

Obama sê die ontplooiiing is net ‘n voortsetting van die hulp wat Amerika reeds aan “gematigde” insurgente, oftewel ISIS, verskaf.

Die Wit Huis het Vrydag aangekondig dat byna 50 lede van die Spesmagte na Sirië gestuur word om opposisiemagte op te lei, raad te gee en by te staan.

Nadat die VSA se betrokkenheid in Sirië met ISIS-terroriste op die lappe gekom het, moet die Pentagon bontstaan om vure dood te slaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.