Trevor Noah val vas met Siriese poging

Na Jon Stewart se vertrek uit die propagandaput van The Daily Show, het Comedy Central vroeër aangekondig dat hy deur die 31-jarige bruin Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah vervang sal word.

Noah is met groot fanfare as die “vars gesig” van die Amerikaanse Demokrate se kommunikasiepoging aangekondig.

Sy aanstelling het egter nog geen beduidende veranderinge aan die anti-Russiese retoriek The Daily Show beteken nie, en dit wil voorkom asof Noah al hoe meer verstengel raak in geopolitieke verwikkelinge waarvan hy geen snars verstaan nie.

Dit is nie bekend of Noah ook direk met president Barack Obama skakel soos die vorige gasheer nie.

Stewart het dikwels privaat met Obama vergader om sy daaglikse propagandalysie op te stel, dus is dit waarskynlik dat Viacom nie sommer sal afsien van hul gewone werkwyse nie.

Die “humor” wat Noah inspan is veral gemik op jong volwassenes om hulle te verwar oor die krisis in Sirië.

Danksy die Daily Show se onvoorwaardelike trou aan die Obama-administrasie, kon Amerikaners tussen die ouderdomme van 18-35 glo dat Demokrate die party van vrede en liefde is.

Die program verkoop sprokies oor “gematigde Siriese rebelle” en die Oekraïne se “gematigde Nazi’s”.

Intussen het Amerikaanse amptenare in die openbaar erken dat daar ongeveer vyf gematigde Siriese rebelle oor is, nadat die res oorgeloop het na ISIS.

Die “gematigde Nazi’s” in die Oekraïne vertoon gereeld Nazi-simbole terwyl hulle geweld pleeg asook aanmoedig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.