Egipte sê Russiese vliegramp was tegniese fout

Deel op

Die Russiese ministerie van buitelandse sake het gewaarsku dat dit nog te vroeg is om te bespiegel oor die moontlike verloop van die gebeure wat gelei het tot die vliegramp in Egipte.

Die Russiese passasierstraler, ‘n Airbus A321, met 224 mense aan boord het Saterdagoggend vroeg in Sinaï, Egipte, neergestort.

Die vliegtuig, ‘n huurvlug, het van die toeristemekka Sharm el-Sheikh in Egipte opgestyg maar kort daarna het die vlieëniers glo ’n tegniese fout by lugruimbeheerders aangemeld.

“Hoe kan ons praat oor enige weergawes, as ons spesialiste pas begin het om deur die wrakstukke van die ongelukstoneel te sif?” het die ministerie se woordvoerder Maria Zakharova aan Rossiya 1 TV-kanaal gesê.

Zakharova het geduld gevra en gesê feite eerder enige spekulasie rondom die tragedie moet oorweeg word. Sy het gesê dat die Egiptiese owerhede hul volle ondersteuning en samewerking gee.

Egiptiese owerhede het vroeër gesê dat die vliegtuig nie afgeskiet is nie, en vuilspel uitgesluit.

Alhoewel die Russiese regering nog geen ‘n omvattende verklaring vrygestel het nie, het Reuters berig dat ‘n “groep verbonde aan die Islamitiese Staat” verantwoordelikheid vir die ongeluk aanvaar het.

Intussen het die VSA ook bekendgemaak dat ‘n Duitse klets­rymer in ‘n lugaanval in Sirië gedood is.

Denis Cuspert, wat sy naam na Abou Maleeq verander het, is in Berlyn gebore en was eens ’n gewilde rapper wat opgetree het onder die naam Deso Dogg. In 2012 het hy glo by ISIS aangesluit en lede gewerf.

In een propagandavideo hou Cuspert selfs afgekapte kop vas.

Volgens Amerikaanse beamptes is Cuspert en twee ander mense dood in ’n lugaanval wat op 16 Oktober uitgevoer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.