Twee bomme ruk hotel in Mogadisjoe

Deel op

Twee bomme het buite ‘n hotel in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe ontplof.

Die hotel is veral gewild onder lede van die Somaliese parlement, en een van die land se top militêre leiers is onder die slagoffers.

Volgens die Britse Uitsaaikorporasie het die kragtige motorbomme groot dele van die hotel verwoes wat een van die bes bewaakte geboue in die hoofstad is.

Hewige gevegte het ná die bomaanval tussen die veiligheidsmagte en lede van die al-Sjabaab-groep uitgebreek toe gewapende mans die hotel binnegestorm het.

Al-Sjabaab het verantwoordelikheid vir die aanval op die Sahafi Hotel aanvaar. Regeringslui gaan gewoonlik daar tuis.

Die ekstremiste se gereelde aanvalle in die Somaliese hoofstad is daarop gemik om die Westers­-gesteunde regering omver te werp.

Die owerheid in Mogadisjoe, sê gewapende aanvallers het twee motorbomme gebruik om hulle weg na die Sahafi-hotelkompleks oop te skiet voordat hulle die gebou bestorm het.

Die dodetal na die aanval staan reeds op 15. Al Sjabaab, sê die militêre leier was een van die teikens omdat hy in 2011 die aanval gelei het waarin hulle uit die hoofstad verdryf is.

Soldate van die Afrika-Unie en regeringsmagte sê hulle het na ‘n hewige skietgeveg weer die beheer van die hotel teruggeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.