Rassekloof in DA al hoe groter

Deel op

Die DA probeer ‘n verenigde front voorhou nadat die skorsing van Dianne Kohler Barnard die party in ‘n krisis gedompel het met die rasse-kloof wat al hoe groter raak.

Die besluit is deur die DA se federale uitvoerende gesag Vrydag geneem om Kohler Barnard uit die party te skop.

Phumzile van Damme, nasionale DA-woordvoerder, het ontken dat die party in ‘n krisis verkeer.

Kohler Barnard gaan intussen appelleer teen die beslissing om haar uit te skop.

Die skorsing volg op ‘n onskuldige Facebook-inskrywing wat sy aangestuur het dat die land beter gevaar het onder PW Botha.

DA-leiers is tans diep bekommerd dat die rassespanning volgende jaar se munisipale verkiesing sal knou.

Die party probeer swart stemme trek met herhaaldelike gif-veldtogte, veral teen Afrikaners. Die jongste heksejag volg nadat Kohler-Barnard haarself “positief” met ‘n Afrikaner – PW Botha – geassosieer het.

Die einde van die party is in sig, deurdat Afrikaners wat hulself met die DA opgehou het, begin besef dat dit nie ‘n voertuig vir hulle belange kan wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.