Swarte verskyn na dubbelmoord op Memel

Deel op

Die 27-jarige Sabelo Xaba is Sondagmiddag omstreeks 18:00 in Madadeni in hegtenis geneem nadat polisie inligting ontvang het dat hy verbind kan word aan die dubbelmoord op Memel.

Xaba het Woensdag vlugtig in die hof verskyn en sal weer op 4 November verskyn. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord, aanranding en poging tot moord.

Die polisie soek steeds na ‘n tweede rower in verband met die moord op ‘n bejaarde plaaslike sakeman en sy huismaat in hul huis op die dorp.

Eric Oosthuizen, wat saam met Charlotte Viviers en haar man Viv gebly het, se lyk is verlede week deur die polisie in ’n buitekamer by die huis gevind. Daar was ‘n plastieksak oor sy kop en sy hande en voete was vasgebind.

Volgens polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Tshegofatso Maliehe, het ‘n huiswerker verlede Woensdagoggend op Viviers se lyk en haar beseerde man, Viv, wat die aanval oorleef het, afgekom.

Viv is deur twee swartes oorval toe hy voorverlede Dinsdagmiddag tuisgekom het. Hy is aangerand en het steekwonde opgedoen. Sy vrou, wat vermoedelik verwurg is, en Oosthuizen was reeds in die huis.

Die booswigte het met Oosthuizen se bakkie, wat later by Madadeni by Newcastle in KwaZulu-Natal gevind is, op die vlug geslaan. Maliehe sê twee vuurwapens en ‘n onbekende bedrag geld is ook gebuit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.