Dan Roodt: Die oorlog teen Afrikaans is deel van die volksmoord

Deel op

Niemand kan meer ontken dat daar ‘n oorlog teen Afrikaans woed nie. En dit kom nie net van die ANC-staat af nie, maar ook van groot maatskappye en selfs liberale Afrikaanse joernaliste soos Max du Preez en Adriaan Basson. Dit is ook geen spontane of toevallige proses nie; vir seker sit daar ‘n linkse komplot wat vanuit die binnekringe van die SAKP en ander radikale groeperings in die land gevoer word, daaragter. Dit strek vanaf die etniese haat wat die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi teenoor Afrikaners en hul taal koester, tot die konstante aanvalle op universiteite soos Stellenbosch en Potchefstroom waar daar steeds Afrikaanse klasse bestaan.

As ons verder teruggaan in die geskiedenis, moet ons erken dat daar nog altyd ‘n Boerehaatkliek in die land was, bestaande uit immigrante wat graag Engels wou wees en wat weens hul eie onsekere identiteit ‘n intense haat vir Afrikaans ontwikkel het. Tydens die Anglo-Boereoorlog het dié mense daarop aangedring dat die Engelse ons almal uitwis: man, vrou en kind. Van hulle het selfs briewe aan die Britse generaals en owerheid geskryf waarin hulle volksmoord op die Boer en die Afrikaner bepleit. “Wis hulle almal uit,” was die refrein.

Vandag is die slagspreuk: “Wis Afrikaans uit. Maak alles Engels.” Maar Afrikaans is, soos apartheid, net ‘n metoniem vir die mense wat dit praat en veral daarin wil skoolgaan en studeer. Dis nie net ons taal wat hulle wil uitwis nie; ook die mense wat dit praat, moet uitgemoor word. Elke Afrikaanse standbeeld of pleknaam moet insgelyks uit die weg geruim word.

Vir ‘n baie lang tyd het ek gewonder oor die term “volksmoord” en of dit werklik van toepassing is op die situasie van die Afrikaner in die huidige Suid-Afrika. Is dit nie ‘n te ekstreme tipering van plaasmoorde, huisaanvalle en ander geweld wat teen ons gepleeg word nie? Die antipatie en haat vir Afrikaans is egter die stukkie wat die legkaart voltooi. Dit verskaf die ontbrekende etniese element wat vir ons sê dat hier wel ‘n etniese konflik aan die gang is, en dat ons geteiken word.

Dis ook nie ‘n eenvoudige swart-wit-rassekonflik nie, hoewel die rassetamboer gedurig geslaan word. Ras is ‘n wapen in die arsenaal van die volksmoordenaar, maar dit gaan nie in die eerste plaas om ras nie, maar oor identiteit en etnisiteit. Omdat die Afrikaner ‘n nasionale minderheid met sy eie taal en kultuur is, word hy gehaat. Juis daarom moet ons en ons taal uitgewis word.

Selfs Rapport, wat deel van die links-liberale Media24-groep is en vere vir die Afrikaner voel, erken vandag in ‘n hoofartikel:

Die konfronterende styl van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wat baie duidelik sy mes in het vir Afrikaanse openbare skole in die provinsie, help ook nie om die vermoede te besweer nie dat die druk aan’t opbou is op ouergemeenskappe wat graag self besluite wil neem oor wat die beste vir hul kinders en skool is.

Die “druk op ouergemaanskappe” waarvan Rapport praat, gaan oor meer as bloot die beheer oor skole en die taalbeleid ten einde Engels af te dwing. Dit gaan ook daaroor om ons kinders van die geleentheid op ‘n opvoeding as sodanig te ontneem. Ons word reeds op grond van ras van die arbeidsmark uitgesluit. Slegs ons opleiding stel ons in staat om ten spyte van diskriminerende wetgewing en beleid steeds werk te kry of aan die ekonomie deel te neem. Deur die Afrikaanse skole en universiteite in chaos te omskep, wil die vyand ons kinders verdom en sonder kwalifikasies laat.

Volgens internasionale definisies, kan volksmoord op verskeie maniere plaasvind. Assimilasie is een daarvan, asook wat as “kulturele volksmoord” bekendstaan. Op 26 Augustus 1994 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies sonder teenstem ‘n Konsepverklaring oor die regte van inheemse volkere aangeneem. Artikel 7 van dié verklaring lui:

Indigenous peoples have the collective and individual right not to be subjected to ethnocide and cultural genocide, including prevention of and redress for:
(a) Any action which has the aim or effect of depriving them of their integrity as distinct peoples, or of their cultural values or ethnic identities;
(b) Any action which has the aim or effect of dispossessing them of their lands, territories or resources;
(c) Any form of population transfer which has the aim or effect of violating or undermining any of their rights;
(d) Any form of assimilation or integration by other cultures or ways of life imposed on them by legislative, administrative or other measures;
(e) Any form of propaganda directed against them.

Daar word tans fisieke en kulturele volksmoord teen ons gepleeg. In vele dele van die land kan die Afrikaner daarop aanspraak maak dat hy die “inheemse volk” daar is. Byvoorbeeld in Pretoria en sy hele omgewing, het ons die stad aangelê en ontwikkel en is Afrikaans nog steeds die omgangstaal. Groot dele van die ou Transvaal, die Vrystaat, Noord-Natal en die Kaapprovinsie word al eeue lank deur Afrikaners beset en ons is die oorspronklike inwoners van daardie gebiede.

Byna elkeen van die subartikels van die Konsepverklaring oor inheemse volkere word tans deur sowel die owerheid as privaat instellings soos groot winkelgroepe wat Engels tot openbare taal verklaar het, oortree. Ons grond word van ons af weggeneem en daar heers ‘n hatige, gewelddadige veldtog om ons “integriteit as ‘n afsonderlike volk” af te breek en ons kinders óf dood te maak óf te assimileer.

Subartikel (e) praat van “propaganda wat teen die volk gerig word”. In die geskiedenis was daar seker nog nooit so ‘n intense propagandaveldtog teen enige volk soos teen die Afrikanervolk nie. Daagliks word ons deur die hoofstroommedia in dié land verguis, selfs in Afrikaans. Max du Preez en sy medegespuis van verloopte, fanatiese (anti-)Afrikaners laat geen geleentheid verbygaan om hul sielkundige oorlog en propaganda teen ons voort te sit nie, waarvan die einddoel net ons vernietiging kan wees.

In die verlede toe ons volk met sy rug teen die muur was, by Vegkop en Bloedrivier, maar ook ná die Britse invalle van 1877 en 1899, het ons die wapen opgeneem om ons te verdedig. Tydens die twintigste eeu, toe daar ‘n felle taal- en identiteitstryd in die 1930’s gewoed het, het ‘n uitgebreide ondergrondse organisasie soos die Ossewabrandwag ontstaan wat nie gehuiwer het om sabotasie en sluipmoorde te pleeg nie.

Ek of PRAAG het nog nooit geweld voorgestaan nie en ons sal aanhou om deur vreedsame verset en in die howe die aanslag op die Afrikaner en Afrikaans die hoof te bied. Ons moet egter erken dat die howe reeds verengels is en dat die meeste landdroste en regters eintlik self as volksmoordagente teen die Afrikaner optree. Hoeveel geregtigheid ons in die howe kan verwag, is dus ‘n ope vraag. Nou onlangs het ‘n landdros in Randburg vir my gesê dat haar hof Engels is en dat ek ‘n soort buitelander verteenwoordig wat Engels verstaan, en daarom nie eens op ‘n Afrikaanse tolk geregtig is nie!

Op sy minste sou ek wou sien dat ons in Afrikanergebiede daardie winkels en instellings wat Afrikaans as taal misken, met oranje verfbomme aanval. Indien genoeg mense dit gereeld doen, sal daardie winkels dit naderhand baie moeilik vind om normaal sake te doen en waarskynlik die soort erkenning aan Afrikaans gee wat op elke ander plek ter wêreld as normaal beskou word.

Hoe ons ons teen die gewelddadige aanvalle op ons, asook die nimmereindigende haatveldtogte en propaganda gaan verdedig, is ‘n netelige vraag. Indien daar ‘n tweede soort Ossewabrandwag ontstaan wat op meer hardhandige wyse met ons vyande begin handel, sal ek as iemand wat my lewe lank byna ‘n pasifis was, nie self daaraan kan deelneem nie, maar sal dit kan begryp. Enige neutrale buitelandse waarnemer sou dit ook kon begryp.

Ek is bevrees die situasie wat die ou Broederbond en NP met hul onverkwiklike oorgawe aan ‘n radikale terroriste-organisasie soos mnr. Joe Slovo se Umkhonto we Sizwe geskep het, raak tans onhoudbaar. Ons is totaal uitgelewer en sonder enige invloed by die stembus, in die media of waar ook al. Ons stemme word nêrens behalwe op die internet gehoor nie, terwyl die owerheid en sekere sakegroepe hulle daaraan afvee. Wat hulle betref, is die Afrikaner reeds dood. Hy moet nog net begrawe word, ook letterlik as daar plaasmoorde of huisaanvalle gepleeg word.

Ons veg tans om oorlewing. Dat dit baie meer doelgerig en georganiseerd gedoen sal moet word, spreek vanself.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.