Turkse polisie moes ondersteuners en werknemers van die Bugun-koerant en die Kanalturk-televisiestasie tydens ’n betoging in Istanboel uiteenjaag.
Die betoging is teen die regering se ingryping in die media gemik.
Onlustepolisie wat traangas en waterkanonne ingespan het, het Woensdag die hoofkantore van die mediagroep, wat bande met pres. Recep Tayyip Erdogan se grootste teenstander het, in Istanboel bestorm.
Die regering se ingryping kom op die vooraand van belangrike verkiesings in die land.
Polisiebeamptes het die hekke van die mediagroep met kettingsae oopgesaag.
Die Koza-Ipek mediamaatskappy het glo skakeling die hoë-profiel regeringkritikus Fethullah Gulen. Gulen leef as banneling in die VSA.
Die Turkse regering het Gulen intussen op ‘n internasionale terreurlys geplaas tesame met die leiers van die militante Islamitiese staat – ook bekend as ISIS – asook Koerdiese en linkervleuel guerillas.
Die Turkse regering sê die geestelike wat wêreldwyd bekend is vir sy klem op pluralisme en intergeloofverhoudings, is besig met ‘n poging tot ‘n staatsgreep.