Nog ‘n MSF-hospitaal in aanval verwoes

Deel op

’n Hospitaal van Dokters sonder Grense (MSF) in Jemen is vandeesweek in ’n missielaanval verwoes.

Die Saoedi-beheerde koa­lisie ontken verantwoordelikheid vir dié voorval.

Mego Terzian, voorsitter van MSF, het in Parys, Frankryk gesê hulle sal nie meer dokters na gevaarlike plekke stuur sonder waarborge nie.

Die koalisie het in Maart in Jemen se burgeroorlog ingegryp nadat die Jemen­itiese regering deur die Iranse geallieerde Houthi-magte uit die kussings gelig is.

Sedert die koalisie se ingryping het die stygende dodetal egter tot groot kommer by menseregtegroepe gelei.

Die hospitaal, in die Heedan-distrik van Saada, is verskeie kere getref, maar die personeel kon vlug nadat die operasiesaal, wat in daardie stadium leeg was, getref is. Die kraamsaal is daarna getref.

Die staatsagentskap Saba berig dat ander lugaanvalle ’n nabygeleë meisieskool getref en verskeie huise beskadig het.

Brig.genl. Ahmed Asseri, woordvoerder van die koa­lisie, sê dit was nie hulle wat die lugaanvalle uitgevoer het nie, maar dat ondersoek ingestel sal word.

Twee en twintig mense, insluitende 12 MSF-lede, is dood nadat ’n MSF-hospitaal op 3 Oktober in ’n Amerikaanse lugaanval in Koendoez in Afganistan getref is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.