VN waarsku dat ‘katastrofe’ dreig in Israel

Deel op

Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat ‘n dodelike oplewing in geweld in die Wes-Oewer tussen Israeli’s en Palestyne tot ‘n “katastrofe” gaan lei.

In Washington, het die minister van Buitelandse Sake, John Kerry gesê die bloedvergieting “is nog ‘n aanduiding van die dwaasheid om te glo dat pogings tot permanente vrede en versoening op een of ander manier nie die moeite werd is nie”.

“Die huidige situasie is eenvoudig nie volhoubaar oor tyd nie,” het Kerry gesê.

Palestyne het brandende motorbande tydens botsings met Israeliese veiligheidsmagte by die noordelike ingang na die Wesoewer dorp, Al-Bireh, aan die noordelike buitewyke van Ramallah, aangesteek.

Verskeie voorvalle van mesaanvalle het ook voorgekom.

Aanvalle en botsings is nou ‘n byna daaglikse gebeurtenis sedert spanning oor die status van die Al-Aqsa kompleks vroeg in Oktober begin oplaai het.

Dosyne mense het reeds het in die onluste omgekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.