Vaalseun Bush ver agter in nominasiestryd

Deel op

Jeb Bush het vasgeval in die Republikeinse nominasieproses nadat sy kandidatuur in die Amerikaanse presidentsverkiesing ‘n ernstige knou gekry het, het AFP berig.

Bush was aanvanklik vol vertroue dat dit ‘n maklike stryd sou wees.

Om die seun van een en die broer van nog ‘n oudpresident te wees, blyk nie genoeg van ‘n aanbeveling te wees om sy sukkelende veldtog te red nie.

Hy loop ver agter die voorloper het na berig word 40 persent van sy verkiesingsbegroting wat vir personeel bestem is, gesny en selfs sy reiskoste ingeperk.

Bush is nou een van die aanspraakmakers wat hulle in die middel van die bondel bevind.

In die begin van die veldtog het die voormalige goewerneur van Florida, wat met ‘n bruin vrou getroud is, groot geld van ondersteuners gekry.

Bush het egter ‘n knou gekry met die enorme steun wat die miljardêr en tans voorloper, Donald Trump, geniet.

In ‘n poging om hernude lewe in die veldtog van Bush te blaas, het drie geslagte van sy bekende familie in Houston, Texas saamgetrek om skenkers die versekering te gee dat ‘n derde Bush-president meer as net ‘n skrale moontlikheid is.

Oudpres. George H.W. Bush en George W. Bush, onderskeidelik Jeb se pa en broer, was byderhand om blad te skud en saam met ondersteuners met dik beursies vir foto’s te poseer terwyl die 2016-kandidaat sy bes gedoen het om gemotiveerd te lyk vir die stryd wat voorlê.

Ondersteuners sê hulle glo Bush kan nog ‘n haas uit ‘n hoed trek, maar die prentjie lyk donker.

Teen die middel van Julie was Bush die voorloper met twee keer soveel steun as Trump. Vandag is die prentjie aansienlik anders met Trump wat meer as drie keer soveel steun as Bush geniet.

Met net 7% steun, loop die vaal Bush ook agter die afgetrede swart neurochirurg, Ben Carson – wat soos Trump nog nooit ‘n openbare amp beklee het nie – en senatore Marco Rubio en Ted Cruz.

Self Bush-ondersteuners gee toe dat hierdie eerste rondtes van die presidentsveldtog aansienlik anders is as in vorige jare. Gevolglik word die Republikeine se veldtogte, insluitende dié van Bush, heroorweeg.

Trump, wat gestand doen aan sy reputasie van skerp politieke stekies, het met Bush gespot en gesê hy “ontmoet vir mamma en pappa” in Houston.

Bush het intussen sy moedeloosheid met die toedrag van sake in die wedloop uitgeblaker.

“Ek het regtig baie ‘cool’ dinge wat ek kan doen, eerder as om rond te sit en teneergedruk te wees, na mense te luister wat my slegsê en verplig te voel om hulle weer sleg te sê. Verkies vir Trump as dit is wat julle wil hê.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.