Betogers by UV vreedsaam uiteen na Jansen se beloftes

Deel op

Die vergadering op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus het vreedsaam verdaag nadat die visekanselier en rektor Jonathan Jansen groot beloftes aan studente gemaak het.

Jansen het die meeste van die studente se 51 griewe, wat in ‘n memorandum vervat is, aanvaar.

Jansen het aan OFM-nuus gesê dit is te begrype dat gemoedere hoog sou loop.

Die studenteraad-voorsitter, Lindokuhle Ntuli, het na afloop van die vergadering met Jansen gesê hy meen dit was ‘n “produktiewe” vergadering.

Jansen het onderneem om studente op hoogte te hou rakende verdere besluite rondom die griewe wat nog verder ondersoek moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.